Pro Deo Et Patria

Richards Bay High School

External Sport

Nellucia Botha, Migael Pieterse en Larissa de Valence (ook JJ de Valence) het hulle al onderskei as gedugte skuts en ding gereeld mee teen skole van KZN. Hulle kompeteer weer op 7 Mei by die skool. Hul berei tans voor vir die SANSSU liga wat deelnemers landwyd insluit. Sterkte julle!!


Kwazulu-Natal Archery 2015

Mecayla Klein has made KZN Archery very proud.

She has broken 16 indoor and outdoor South African records in her class while shooting in the Junior Women Standard Bow category.

She has also recently qualified for her KZN Provincial Outdoor Target Archery colours for 2014/2015, and recently took part and represented her province at the South African National Target Archery Championships held in Johannesburg.


Jukskei 2015

Hoërskool Richardsbaai Jukskei Klub het skoonskip gemaak in die liga teen Vryheid Jukskei Klub. Ons wen die A-afdeling. Baie geluk !!

Die einde van die liga vind plaas op 14 Maart 2015 by Hoërskool Richardsbaai Jukskei Klub om 09:00 die oggend.


Skyfskiet 2015

Die HSRB Musketiers! Ons eie skyfskiet groep, het die naweek van 7 en 8 Februarie 2015, aan 'n 10.9 oefenkamp deelgeneem. Die doel van die 10.9 kamp is om na alle basiese beginsels van skyfskiet te kyk en om ons skuts vertroud te maak met hierdie beginsels om hul eie tegniek te verbeter. Die 10.9 kamp is 'n oefenprogram ontwerp deur Internasionale afrigters wat al in die olimpiese spele deelgeneem het. Die program is gemik om skuts voor te berei vir olimpiese spele.

Deur die beurtkrag en warm weer oor die betrokke oefennaweek, is ons baie trots om aan te kondig dat ons skuts baie goed gevaar het in hierdie oefenkamp en dat ons graag vir hulle wil geluk wens met hulle deelname en erken graag die volgende persone: Larissa de Valence, Anika Wallis, Zamian Maré, Migael Pieterse, Brandon Joubert, Sijmen Sebala, Jean-Luke Scholtz, Geraldine Buitendag, Benjamin Schonten, Dylan Vorster, Megan Vorster, Dylan Strydom, Nicole Harding, Jaundré Jansen van Rensburg en Simon van der Merwe.