Pro Deo Et Patria

Richards Bay High School

Vivati 2016

Vivati 2016

Vivati is 'n tradisie wat oor die jare deel van die skool se etos geword het.

Aan die einde van die wintersportseisoen speel die matrikulante rugby, netbal, hokkie en nou ook sokker teen die "res" van die skool. Die "res" van die skool verteenwoordig die "spook" eerstespanne van die daaropvolgende jaar.

Hierdie geleentheid skep 'n baie goeie gees in die skool en lei tot 'n samehorigheidsgevoel onder die graad 8-11 leerders. Dit is 'n pretdag, en die dogters speel dan ook vir die laaste paar jare rugby teen mekaar. Menige rugbyafrigter het al oorweeg om 'n dogter of twee in hul spanne in te sluit!