Gebeurtenis Kalender
<<  Oktober 2014  >>
 Ma  Di  Wo  Do  Vr  Sa  So 
    1  2  3  4  5
  6  7  8  9101112
13141516171819
20212223242526
282931  

2014

 

Kim Delahunty, Sinenkosi Masondo en Siyabonga Sithole is gekies vir die Uthungulu Skaak span.  Baie geluk...ons is trots op julle!!

 


 

 

 

Vrydag 26 Mei

Uit die ongeveer 60 spelers wat aan die NoordKZN toernooi deelgeneem het, was drie Baaitjies gewees.  Heino von Solms, Ludré Botha en Aaron Ramkumar.  Elkeen van hulle het wedstryde gewen en verloor.  Heino het egter uit die stryd getree met 'n 2de plek-trofeë in die 0/18 afdeling.

Skaak 23 April

Drie van ons skool se leerders het Saterdag aan die skaaktoernooi deelgeneem wat hier in ons skoolsaal plaasgevind het, en hulle is Ludré Botha, Aaron Ramkumar en Heino von Solms.  Aaron Ramkumar het 'n trofee ontvang vir die derde plek in Hoërskole afdeling.

Die skaakspelers neem hierdie naweek weer deel aan 'n skaaktoernooi in Durban, en hierdie keer is daar kontantpryse op die spel.

Ons wens ons spelers alles van die beste toe.

Indien daar van julle is wat nie op die oomblik deel is van die skaakklub nie, maar wat belangstel om aan te sluit, kom sien me Garland.  Beginners en ervare spelers is welkom.

SKAAK 2012

Drie van Hoërskool Richardsbaai se skaakspelers het in die Desembervakansie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale kompetisie deelgeneem in Port Elizabeth.

Heino von Solms, Franco Verster en Ryan Coetzee het hulle onderskei as skaakspelers van formaat.

Ryan Coetzee het die 5de posisie behaal in die 0/18 afdeling.  Hy woon in April verdere proewe by en indien hy onder die eerste 3 eindig, behaal hy weer Nasionale Kleure.

Laas Opdateer (Vrydag, 12 September 2014 12:25)